JOHANNES 13:37-38 AFR53
37. Petrus sê vir Hom: Here, waarom kan ek U nie nou volg nie? Ek sal my lewe vir U gee.
38. Jesus antwoord hom: Sal jy jou lewe vir My gee? Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, die haan sal sekerlik nie kraai voordat jy My drie maal verloën het nie.
***
Kern gedeelte:
"die haan sal sekerlik nie kraai voordat jy My drie maal verloën het nie"
Hoe gaan jy optree wanneer sake skeef begin loop en jou lewe uitmekaar begin val.
Maklik om te antwoord as die son skyn en alles gaan goed, maar die oomblik as die storms tref, en alles draai teen ons, is dit dan nog so maklik om GOD te loof en te prys.
Moenie te vinnig antwoord nie, want soos Petrus kan jy dit dalk op die harde manier uitvind!
Jou omstandighede bepaal nie jou in diepte verhouding met GOD nie.
As jou fondasie in JESUS CHRISTUS gevestig is, sal niks in die wêreld jou lewe skud sodat jy jou rug op GOD draai nie.
Weereens kyk ons na Petrus se lewe en na die uitstorting van die Heilige Gees kon hy eers die pad begin stap met sy fondasie stewig gevestig in Jesus Christus.
Moenie dat omstandige jou geloof laat wankel nie, want dit is jou geloof in GOD wat jou deur jou omstandighede dra.
-------
GEBED.
VADER, ook vanoggend moet ons bieg, dat wanneer die storms onstuimig raak, groei die twyfel in ons. Raak ons onseker oor U teenwoordigheid en U plan vir ons lewe. Laat U Heilige Gees inwerk op ons lewe sodat ons sal voortbou op die fondasie wat U Seun in ons lewe gele het.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal versterk in elke saak waar die lewe teen ons mag draai.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





