JEREMIA 42:3, 6 AFR53
3. dat die Here u God ons bekend mag maak die pad wat ons moet trek, en die saak wat ons moet doen.
6. Laat dit goed of sleg wees — ons sal luister na die stem van die Here onse God na wie ons u stuur, dat dit met ons goed kan gaan as ons luister na die stem van die Here onse God.
***
Kern gedeelte:
"Laat dit goed of sleg wees — ons sal luister"
Dit is menslik dat ons die slegte nuus van beproewings wat kom, swaar tye wat voor die deur lê of teenspoed wat gaan tref probeer vermy en daarom hang die mense eerder "voorspoed" predikers aan, wat jou slegs goeie nuus sal gee tot hulle eie voordeel.
Deel eerder nou met die realiteit van die situasie, luister na GOD se stem deur die inspraak van Sy Heilige Gees.
Maak nie saak watter pad jy moet stap, deur watter situasie jy moet gaan nie, weet net dat GOD sal jou nooit faal nie en Hy sal jou nooit verlaat nie.
Al gaan ons deur 'n dal van doodskaduwee, ons sal geen onheil vrees nie.
As GOD so gesê het, sal dit so wees, want GOD is 'n Waarmaker van Sy Woord.
-------
GEBED.
VADER, dankie vir die boodskap en die besef dat ons die pad moet stap soos U ons Lei, ongeag moeilik of sleg. Dit is juis die moeilike tye van vandag wat ons voorberei vir die deurbrake, die goeie tye van môre. Versterk ons asb, en laat ons nie terugdeins vir die slegte nuus nie, want met ons GOD loop ons 'n bende storm en met ons GOD spring ons oor 'n muur.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons ore sal open vir die waarheid, ongeag die boodskap, ongeag goed of sleg.
Amem.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





