JEREMIA 44:22 AFR53
22. sodat die Here dit nie langer kon verdra weens die boosheid van julle handelinge, weens die gruwels wat julle bedryf het nie. So het julle land dan 'n puinhoop geword en 'n voorwerp van verbasing en van vervloeking, sonder inwoners, soos dit vandag is;
***
Kern gedeelte:
"sodat die Here dit nie langer kon verdra"
Om jou te bekeer, in kort, beteken om jou weg te keer van die sondes, van die wêreldse gewoontes, deur JESUS CHRISTUS te aanvaar as ons Verlosser en Saligmaker.
Ons verwys so graag na onself as kinders van GOD, maar ons lewensboom dra nog die vrugte van die wêreld.
Deur GOD se genade bly ons steeds in die lewe, en deur Sy genade bly ons in Sy Hand van beskermimg.
Miskien kan jy nog 'n wyle op genade se rug ry en dink dat die dag van môre vir jou gewaarborg is.
Die dag van môre is nie aan een van ons gewaarborg nie, en daarom het jy, soos jy die boodskap lees of luister, die keuse om jou terug te draai na GOD.
Ja, weet dit, self genade het 'n einde, maar die keuse is joune om te maak.
-------
GEBED.
VADER, U praat, maar ons luister nie, omdat ons eiewys is, omdat ons dade in ons eie oë geregverdig is. Dit is eers wanneer U Heilige Gees ons oë open dat ons, onself sien vir wie ons werklik is. As ons U Seun as ons Verlosser en Saligmaker in waarheid aanvaar, maak ons nie verder verskonings nie, ry ons nie verder op die rug van U genade nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons oë sal open sodat ons, onself sal sien vir wie ons werklik is.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





