JEREMIA 45:4 AFR53
4. So moet jy vir hom sê: So spreek die Here: Kyk, wat Ek gebou het, breek Ek self af; en wat Ek geplant het, ruk Ek self uit; en dit betref die hele aarde.
***
Kern gedeelte:
"So moet jy vir hom sê"
Vanoggend se boodskap is gerig aan een persoon, aan die President van ons land.
Ek profeteer nie oor die toekoms nie, en doen geen voorspellings nie, want die dag van môre behoort aan die Lewende GOD.
GOD het u aangestel om ons land te lei maar u het toegelaat dat daar verlei word.
Al sal u waarskynlik nie ag gee op die boodskap nie, weet egter dat GOD sal afbreek wat Hy gebou het en sal uitruk wat Hy geplant.
Die kans was u gegun om na GOD te soek met u hele hart, siel en verstand, maar daardie venster van geleentheid het vir u verbygegaan.
My gebed vir u is dat GOD met u sal wees op die pad vorentoe, en mag dit met u gaan soos dit GOD behaag.
-------
GEBED.
VADER, die boodskap is gelewer, en die toekoms is in U hande. U sê in U Woord dat ons vir ons leiers moet bid, en daarom bid ons vandag vir ons president, en sy regering, en vra dat U hulle nog 'n kans sal gee om te belei en hulle weg te keer van die weë van hierdie wêreld. U is 'n genadige GOD, en daarom vra ons vir U genade.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons land sal lei tot opbou en stigting, en laat Suid-Afrika die Ligpunt van die wêreld sal word.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





