MATTHÉÜS 6:25, 27 AFR53
25. Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe — wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam — wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?
27. Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?
***
Kern gedeelte:
"Moenie julle kwel oor jul lewe"
As jy die tyd neem wat jy spandeer om jou te sit en bekommer oor die dag van môre, en jy spandeer dit in gebed, in toenadering tot GOD, sal jy GOD se plan vir jou lewe soveel beter verstaan, en jy sal sien hoe GOD se hand in jou lewe begin beweeg.
Dit sal teweegbring dat jy vrede sal ervaar, soos GOD se Woord vir ons sê, vrede wat alle verstand te bowe gaan.
Dit sal GOD se plan vir jou lewe tot uitvoer bring, en daarmee ook GOD se Goedheid en Guns.
Ek sê dit weer, bekommernis en twyfel is die boublokke van die verderwer, en dit waaraan jy jou aandag spandeer sal die kern van jou lewens bestaan word.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat U ons daaraan herhinner dat hoe nader ons aan U leef, hoe kleiner sal ons probleme wees en ons bekommernis oor die dag van môre sal nie meer die kern van ons bestaan wees nie, want ons sal lewe met die wete dat die Lewende GOD is in beheer van my lewe. Leer ons asb om nie bekommerd te wees oor die dag van môre nie want ook daarvoor het U reeds voorsien.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U vrede in ons hart.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





