NÚMERI 16:24, 26 AFR53
24. Spreek met die vergadering en sê: Maak dat julle wegkom rondom die woning van Korag, Datan en Abíram!
26. Daarop het hy die vergadering toegespreek en gesê: Verwyder julle tog van die tente van hierdie goddelose manne en raak nie aan iets wat aan hulle behoort nie, dat julle nie weens al hulle sondes omkom nie.
***
Kern gedeelte:
"dat julle nie weens al hulle sondes omkom nie"
So dikwels in my eie lewe het ek mense ontmoet, en onmiddelik het ek in my gees met hulle gebots, en dan ervaar dat die Heilige Gees in my inspreek met die waarskuwing, kom nie naby hulle huise of moenie met hulle besigheid doen nie.
Uit duur lesse, het ek gehoorsaamheid aangeleer, want waar ek nie ag geslaan het op die waarskuwings nie, was dit tot my bitterre spyt, en tot baie groot finansiële skade.
As jy 'n Goddelike waarskuwing ontvang deur die inspraak van die Heilige Gees, luister, draai om en stap weg.
Want as jy nie luister nie, sal hulle sondes jou ook tot skade wees.
Sal jy deur hulle sondes meegesleep word.
-------
GEBED.
VADER, spyt is 'n goeie ding, maar dit kom altyd te laat. Gee ons asb die krag om die pad in gehoorsaamheid te stap, sodat ons nie deur ander se sondes meegesleep sal word, en dit ons tot skade sal wees nie. Dankie vir U Hand van beskerming oor ons lewe, en ons vra dat U ons ore sal open vir waarskuwings wat U aan ons rig.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U Krag, Wysheid, Insig en Leiding in ons lewe!
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





