HEBREËRS 3:7-8, 15 AFR53

January 20, 2025

7. Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor,

8. verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie,

15. omdat daar gesê word: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering nie.


***


Kern gedeelte:

"Vandag as julle sy stem hoor"


Moenie hierdie geleentheid laat verbygaan nie, en moenie uitmis op dit wat GOD in jou lewe wil inspreek nie.

Hoeveel keer in die verlede moes jy die toetse van die lewe herhaal, want as jy nie uit jou lewens foute leer nie, sal die "verderwer" dit herhaaldelik op jou lewens pad plaas tot jou struikeling.

GOD het die antwoorde, maar kon tot nou nog nie tot jou deurdring nie.

Weet net dit, vandag as julle Sy stem hoor, verhard nie julle hart in spyt, woede, verbittering, hartseer of onvergifnis nie.

Maak oop jou hart, laat die Heilige Gees toe om by jou te kom inwoon, en sien hoe GOD se Goeheid en Guns in jou lewe begin inwerk.


-------


GEBED.


VADER, in hierdie oggend kom ons voor U en vra vir vergifnis vir die verskeie kere wat ons, ons hart verhard het en na U Stem nie geluister het nie. Vergewe asb ons ongeloof, want as U ons nie in die minste kan vertrou nie, hoe sal U ons dan met die meeste kan vertrou. Open asb ons hart, ons wil en emosie en maak ons asb ontvanklik vir die inspraak van U Heilige Gees.

In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vanoggend vir geopende ore wat U Stem kan hoor.

Amen.


•••••••



https://tentvansamekoms.co.za

Sel: +27716283107

August 1, 2025
5. Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie, 6. vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie! 7. Al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou regterhand — na jou sal dit nie aankom nie. 8. Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien. 9. Want U, Here, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak. *** Kern gedeelte: "Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak" So dikwels wanneer dinge moeilik raak, en ons nie die antwoorde kry waarna ons soek nie, gryp ons na grashalms, pak die vrees ons beet, en gaan soek ons skuiling in die "wêreld". Waarmee begin vanoggend se Woord gedeelte? GOD maak dit vanoggend so duidelik, jy hoef nie te vrees nie! Ja, sekere dinge sal ons wel met ons oë aanskou, dit mag dalk naby aan ons kom, maar na ons sal dit nie aankom nie, sê GOD. Hou aan doen wat jy moet doen, beur vorentoe, stap die storm in, want ons GOD wat ons dien maak die storms stil. Weet dit, jy lewe in Sy Beskerming en Sy Beskutting. ------- GEBED. VADER, elkeen van ons kan vanoggend net stilraak, ons kop in skaamte laat sak, omdat ons so min vertroue in U het, omdat ons geloof so wankelrig is. Met die eerste terugslag, raak ons paniekerig, gryp ons na grashalms, en gaan soek ons na die tydelike oplossings van hierdie "wêreld". Maak asb die storms in ons stil. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir kalmte in ons gemoed. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
July 31, 2025
10. Maar ons — die Here is onse God, en ons het Hom nie verlaat nie; en as priesters dien die seuns van Aäron die Here, en die Leviete is in die dienswerk. 18. En die kinders van Israel is in dié tyd verneder, maar die kinders van Juda het sterk geword, omdat hulle op die Here, die God van hulle vaders, gesteun het. *** Kern gedeelte: "maar die kinders van Juda het sterk geword" Hoekom het die kinders van Juda deurlopend sterker geword, en hoekom het hulle gegaan van krag tot krag? Selfs in die stryd waarin hulle gestaan het, was hulle vierhonderd duisend man en die Israel stamme was agthonderd duisend. Nogtans het hulle nie opgegee of moedeloos geword nie, maar deur geloof, vertroue en gehoorsaamheid aan GOD het hulle oorwin en hulle het net sterker en sterker geword. Mense wat in die glorie van hierdie wêreld staan is vir 'n oomblik in die kollig en vir 'n tyd stuig hulle uit, maar dit is van korte duur. Maar die wat op GOD vertrou gaan van krag tot krag, en hulle is konstant in hulle verhouding met GOD, en soos 'n boom geplant by water strome dra hulle vrugte op hulle tyd, en die blare verwelk nie in die droogte nie. Staan op, staan vas, in GOD lê jou oorwinning. -------- GEBED. VADER, in ons vrese lê ons struikeling en deur ons twyfel kom ons tot 'n val. Ons bid dat U ons sal versterk deur die inwerking van U Heilige Gees, dat U ons die krag sal gee om te kan opstaan en uitstaan, te verklaar dat ons oorwinning lê in ons verhouding met U. Ons oorwinning sal ons behaal deur ons GOD wat ons reeds vooruit gaan. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir deursettings vermoë, om die pad voluit saam met U te stap. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
July 30, 2025
8. Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees. 10. Want die geldgierigheid is 'n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor. 11. Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid. *** Kern gedeelte: "Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg" Ja, dit is so, geld is 'n integrale deel van ons lewe, maar moenie toelaat dat geld jou god word nie. Die daaglikse druk van oorlewing dwing ons van koers af, om ons voorsiening in die wêreld te gaan soek, instede om die Voorsiener te soek. Wanneer die druk meer word is dit juis die tyd, om standvastig te wees in jou soeke, jou verhouding met GOD, want Hy is die, Voorsiener, Geneser, Beskermer, Raadsman en Ewige GOD, en hy sal nie net voorsien nie, maar te midde van jou storms sal Hy jou op die water laat loop, solank jy jou fokus en oë slegs op Hom gerig hou en jou nie vaskyk in die vals vrese van hierdie wêreld nie. Ek het hierdie teksvers op my voertuig/bakkie se deure en agterklap geskrywe, Matt 6:33 wat sê, soek eers die Koningkryk van GOD en Sy Gerigtigheid, en al hierdie sal vir julle bygevoeg word. Daagliks, word ek dan herhinner om die Voorsiener te soek, en nie voorsiening na te jaag nie. ------- GEBED. VADER, voor U staan ons vanoggend en sê net dankie vir die "min", en vir die "baie", want die "min" leer ons vergenoegdheid, want as die "baie" in ons lewe kom weet ons hoe dit voel om in nood te leef en daarom is ons meer bereid om in ander se tye van nood, die helpende hand ook na hulle uit te reik sonder om iets van hulle terug te verwag. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die krag om standvastig te bly in U, ongeag ons status of omstandighede. Amen. •••••••  Webtuiste: Sel: +27716283107
July 29, 2025
30. God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer, 31. omdat Hy 'n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur 'n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek. 34. Maar sommige manne het by hom aangesluit en gelowig geword,.......  ***  Kern gedeelte: "God het dan die tye van onkunde oorgesien" As jy nog in vandag se tyd opstaan en sê, ek weet nie wie GOD is, en wie Hy gestuur het, deur wie ons Verlossing sal verkry nie, dan het ek vir jou slegte nuus. In die tyd van die skrywe van hierdie boek van Handelinge het Paulus aan die mense van Athenai, verduidelik wie die onbekende GOD is wat hulle aanbid het. Maar vandag weet ons wie ons Lewende GOD is wat die hemel en die aarde gemaak het, en wie ons Verlosser en Saligmaker, JESUS CHRISTUS is, want die tye van onkunde het by ons verbygegaan. Soos wat jy kies om hierdie boodskap te ignoreer, so sal elkeen wat dit doen voor GOD gaan staan sodat ons in Sy onpartydige opregtheid ge-oordeel kan word. Maak vandag nog jou saak reg met GOD, jy het nog die tyd! ------- GEBED. VADER, ons dink dat ons nog 'n verskoning het wat ons kan gebruik deur te sê, maar ek het U nog nie geleer ken nie. Ons dink dat ons, ons kan wegdraai van U boodskap sonder nagevolg, maar die uurglas het vir ons leeg geloop want U het die tyd van onkunde oorgesien. Terwyl ons vandag nog in die lewe is, laat ons die geleentheid gebruik deur, gedrewe deur die inwerking van Heilige Gees. In die Naam van ons Meester YESHUA bid ons dat U ons gees sal aanraak sodat ons tot U sal nader. Amen. ••••••• Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
July 28, 2025
30. En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word? 31. Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin. 32. En hulle het aan hom die woord van die Here verkondig en aan almal wat in sy huis was. 33. En in dieselfde uur van die nag het hy hulle geneem en hulle wonde gewas, en hy is onmiddellik gedoop, hy en al sy mense. *** Kern gedeelte: "wat moet ek doen om gered te word?" Soveel mense soek hulle hulp, hoop en redding in die weë van hierdie wêreld, wat uiteindelik lei op die pad na die ewige verderf. Soeke na drank, dwelms, hoerery, dinge wat nie betaam nie, dinge wat nie geoorloof is nie. Vanoggend wil ek net die antwoord gee wat op my hart gelê is om uit te dra, en dit is: Glo in die HERE JESUS CHRISTUS en jy sal gered word, jy en jou huisgesin. Die dag wat jy van die wêreld wegdraai, jy tot bekering kom en JESUS CHRISTUS as jou persoonlike Verlosser en Saligmaker aanvaar, sal Sy Lig ook in jou begin skyn. 'n Lig wat die duisternis van hierdie wêreld nooit weer sal kan oorweldig nie. ------- GEBED. VADER, in hierdie hoofstuk het hierdie Romeinse soldaat en sy huisgesin se lewens in 'n oomblik onherroepbaar verander. Ons vra dat U ons vandag nog sal aanraak sodat ons lewe ook nie langer in die weë van sal voortgaan nie maar dat ons vandag nog ons Skepper en Verlosser ontmoet. Vergewe ons asb ons sondes. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir siele tot bekering. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
July 25, 2025
3. En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit. 6. Want die Here ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan. *** Kern gedeelte: "soos 'n boom wat geplant is by waterstrome" En so lees ons almal net dit wat ons wil hoor, ons lees dat ons op by waterstrome geplant sal wees en dat ons gedurig deur net in voorsiening sal leef, en dat ons net sterker en sterker sal word. En dit is so, maar alles kom met seisoene, soos die boom wat by die waterstrome staan. Die boom gaan ook deur die normale seisoene van die jaar, lente, somer, herfs en winter, maar nog meer, dan kom tye van vloed, tye van droogte, tye van storms en geweldige winde. Ook van tyd tot tyd sal die vuur tot op die rivier oewer brand. Maar nietemin, soos die boom, dra GOD ons deur, ons groei, rus, herstel, maar met elke siklus word ons sterker. Daarom, ongeag die seisoen waarin jy jou tans bevind, GOD bly in beheer, en ook hierdeur sal jy kom. ------- GEBED. VADER, dankie dat U vanoggend bevestig, dat ons af tye net deel is van ons groei proses. Dit is nie ons toekoms plan of ons finale bestemmimg nie. Gee ons asb die krag om iets te leer uit elke situasie waar ons deurmaak, elke seisoen wat ons deurleef. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om staande te bly in elke situasie. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings