JOHANNES 14:15, 21, 23 AFR53
15. As julle My liefhet, bewaar my gebooie.
21. Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.
23. Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.
***
Kern gedeelte:
"Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak"
Daar is soveel argumente oor GOD se gebooie en soveel mense sê dat dit nie meer van toepassing is nie, en tog as ons Johannes 14:10 gaan lees, sê dit: Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.
JESUS CHRISTUS, maak dit duidelik, as julle My liefhet, bewaar my gebooie, en die woorde deur Hom gespreek, kom van die VADER af.
As jy GOD se gebooie nie net lees nie, maar begin uitleef, sal jy ook beter verstaan wanneer daar gesê word, soek eers die Koningkryk van GOD, en Sy Geregtigheid, al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
In die gebooie lê die antwoord op die bogenoemde.
-------
GEBED.
VADER, daar is niemand so blind soos iemand wat nie wil sien nie en niemand so doof soos iemand wat nie wil hoor. Daarom hoor mense net wat hulle wil hoor, maar die riglyne wat U gee in U Woord, pas nie by hulle in nie, want die navolg van die wêreld se plesiere is vir hulle belangriker. Ek vra vandag dat U oë en ore sal open vir die Waarheid van U Woord.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U nie sal toelaat dat ons mislei word deur die "verdêrwer" nie.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





