JOHANNES 15:1-2, 4-5 AFR53
1. EK is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer.
2. Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
4. Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.
5. Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.
***
Kern gedeelte:
"Elke loot wat in My nie vrug dra nie"
Hierdie teksvers is vir my die skeidslyn van geloof in GOD, deur JESUS CHRISTUS, wat vir ons sonde aan die kruis gesterf het.
Om dit met die mond te bely gaan nie my opinie rondom die volgende persoon verander nie, maar aan die vrugte sal die boom geken word.
Ons kan voorgee dat ons geloof in GOD gevestig is, deur JESUS CHRISTUS, maar 'n vyeboom kan nie perskes dra nie, en Kakiebos ruik nie soos Laventel nie.
Maar as jy deur JESUS CHRISTUS, daadwerklik GOD dien en Sy gebooie onderhou, sal jy wees soos 'n boom wat geplant is by 'n waterstroom, wat sy vrugte gee op sy tyd..
Dan sal jy nie net lewe nie, maar jy sal 'n lewe van oorvloed beleef, want met GOD is jy tot alles in staat.
-------
GEBED.
VADER, as ons nie in U Seun geloot is nie en nog die vrugte van die "verderwer", die vrugte van hierdie wêreld dra, laat die Gees van Waarheid, U Heilige Gees in ons lewe inwerk en ons skoon sny van die dinge wat nie in ons lewe hoort nie, van die dinge wat ons nog gebonde hou. Maak ons asb vry sodat ons U in waarheid sal dien.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die inwerking van U Heilige Gees in ons lewe sodat dit wat nie in ons lewe hoort nie, verwyder sal word.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





