JOHANNES 16:7-11 AFR53
7. Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur;
8. en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:
9. van sonde, omdat hulle in My nie glo nie;
10. en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie;
11. en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.
***
Kern gedeelte:
"maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur"
Die Heilige Gees, die Gees van Waarheid is aan ons gegee om ons te oortuig van ons sondes en ons te lei na die pad van bekering waar ons JESUS CHRISTUS aanvaar as ons persoonlike Verlosser en Saligmaker.
Van daar sal die Heilige Gees daagliks in ons lewe inspreek, en ons rig op ons lewenspad.
Hy sal ons nie net oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel nie, maar deur Sy inwerking sal ons strewe na die onpartydige opregtheid van GOD, na GOD se perfekte Wil vir ons lewe, na 'n lewe waar ons in 'n skoon hart en gewete voor GOD kan staan.
Dus as jy vandag Sy Stem hoor, verhard nie jou hart nie.
-------
GEBED.
VADER, vandag kom ons voor U en ons belei ons sondes, ons hardheid van hart, en ons ongeloof. Hierdie gebeur nog omdat U Heilige nog nie in volheid by ons kan inwoon nie omdat ons nog besig is met die dinge van hierdie wêreld. Ons vra dat U Heilige Gees ons sal aanraak en verandering sal bring in ons hart en ons lewens.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir waarheid, insig en vrede.
Amen.
••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





