MALEÁGI 3:10 AFR53
10. Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die Here van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie.
***
Kern gedeelte:
"en beproef My tog hierin, sê die Here van die leërskare"
Die oomblik wat ek verwys na Maleagi 3:10, dink almal ek vra vir geld, maar die lewe draai nie net om geld nie.
Deel van jou tiendes is ook van jou tyd, en hoeveel van jou tyd bestee jy aan GOD?
Moderne fone kan jou skerm tyd wat jy op elke applikasie spandeer het vir jou gee aan die einde van elke week.
Vergelyk die skermtyd met jou stiltetyd, waar jy stilte tyd saam met GOD deurgebring het, waar jy die eerste tiende van jou tyd spandeer het.
Enige iets groter as GOD in ons lewe is 'n afgod, en as die woorde jou tot aanstoot is, laat dit dan so wees.
Die waarheid is nie altyd mooi nie, maar dit bly die waarheid.
Jou huis is waar jou hart is, en as jou hart in opregte soeke na GOD is, sal mense meer van JESUS en minder van die wêreld in jou sien.
Sal jou stiltetyd vir jou belangriker word as jou media se skermtyd!
Nader tot GOD en hy sal tot jou nader.
-------
GEBED.
VADER, U Woord is waarheid en daarom onderneem ons vandag om 'n tiende van ons tyd aan U, U werk en die verspreideding van U Evangelie af te staan. Ons behoefte is om nader aan U groei en verder van die wêreld se verleiding en verderf af.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal verlos van die media verslawing wat oor ons heers.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





