SPREUKE 9:9-11 AFR53
9. Deel mee aan die wyse, en hy sal nog wyser word, leer die regverdige, en hy sal insig vermeerder.
10. Die beginsel van die wysheid is die vrees van die Here, en kennis van die Heilige is verstand.
11. Want deur my word jou dae meer en word jare van lewe vir jou toegevoeg.
***
Kern gedeelte:
"Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE"
As jy hierdie beginsel in jou lewe toepas, sal jy geseënd wees en die Hand van GOD sal oor jou wees.
As ons met respekvolle vrees vir GOD deur die lewe gaan, sal ons 'n gesindheid hê, wat Hom welbehaaglik is.
Ons keuses sal binne Sy Wil wees, want ons sal Hom in elke saak ken.
Ons sal ook ander mense met respek hanteer, want die vrug van die Gees sal in ons wees.
Blydskap sal in ons heers, ongeag van dit wat in die "wêreld" gebeur, want die "wêreld" sal sy houvas op jou verloor.
Neem so oomblik en oordink die bogenoemde in nabetragting, en die Waarheid van GOD se Woord sal ook tot ons kom, en ons sal wysheid en insig verkry.
-------
GEBED.
VADER, laat U Woord ons rig, vir ons tot stigting sal wees, sodat wysheid ook by ons sal kom inwoon. Laat ons asb tot insig kom sodat ons U volmaakte Wil vir ons lewe kan verstaan, sodat ons nie verder op die dwaalweë van hierdie "wêreld sal stap nie. Neem ons lewe en laat dit Heer, U gewy wees, meer en meer.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U Wysheid en Insig in ons lewe.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





