PSALMS 37:16-18 AFR53
16. 'n Klein bietjie is vir die regverdige beter as die rykdom van baie goddelose;
17. want die arms van die goddelose sal verbreek word, maar die Here ondersteun die regverdiges.
18. Die Here ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly.
***
Kern gedeelte:
"maar die Here ondersteun die regverdiges"
As jy vandag voel dat die "wêreld" teen jou draai omdat jy voor GOD in geregtigheid, in onpartydige opregtheid probeer lewe, weet dan net dit.
Die HERE ondersteun die regverdige, daarom sê Hy vir ons in Sy Woord, as hy val, dan stort hy nie neer nie, want die HERE ondersteun sy hand.
As jy geval het, en jy is op jou knieë, gebruik die geleentheid om GOD te dank in gebed, vir die een deur wat hy toegemaak het en die sewe ander deure wat Hy vir jou oopmaak.
Waar GOD die deur open sal geen mens dit toemaak nie, en al val jy sewe keer, dan staan jy agt keer op.
Dit gaan nie oor jou val nie, maar hoe jy opstaan in jou geloof in GOD.
-------
GEBED.
VADER, die val is nie lekker nie, maar deur dit dra U ons telkemale. Ons besef dat dit nodig is om deure toe te maak, want daardie deure is besig om ons in die verkeerde rigting te lei, weg van U af. Gee ons asb die krag om staande te bly in die tye van beproewing en versoeking. Laat ons, selfs in die moeilike tye, nie afwyk van U pad van geregtigheid nie, maar dat ons keuses en lewenswyse nog steeds onpartydig opreg voor U sal wees.
In die Naam van ons Meester YESHUA, spreek ons lewe oor elke moeilike en donker situasie, laat U Lig deurbreek vir almal om te sien.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





