ROMEINE 6:21-23 AFR53
21. Watter vrug dan het julle toe gehad van die dinge waaroor julle jul nou skaam? Want die uiteinde daarvan is die dood.
22. Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.
23. Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.
***
Kern gedeelte:
"Want die loon van die sonde is die dood"
Elke aksie het 'n reaksie, en elke besluit het 'n nagevolg.
Daarom die boodskap vanoggend!
Dink mooi na oor dit waarmee jy besig is, want dit lyk nou onskuldig maar, sonde het 'n sneeubal effek.
As jy nog onder die vals oortuiging lewe dat dit net 'n klein onskuldige sonde is en dat jy dit kan staak wanneer jy wil, dan lewe jy in die blindheid en beheer van die "verderwer".
Die waarheid en harde realiteit is dat ons 'n slaaf van die sonde is, solank as wat die sonde nog beheer oor ons het.
Ons het vandag nog 'n keuse om tot bekering te kom, weg te draai van die sonde en JESUS CHRISTUS as ons Verlosser en Saligmaker te aanvaar, want ons in reeds vrygekoop deur Sy bloed.
Maar as jy kies om verder in sonde te bly lewe, weet dan dat die loon van die sonde is die dood.
-------
GEBED.
VADER, voor mense kan ons, ons anders voordoen. Ons kan voorgee dat ons heilig en vroom is. Maar binne ons huise, agter toe deure of in die donker van die nag kom die geraamtes van ons sonde tot lewe en saai verwoesting in ons geestelike lewe, in ons verhouding met U. Gee ons asb die krag en deursettings vermoë om die houvas van hierdie sonde te verbreek want ons weet wat die loon daarvan is.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat elke houvas oor ons gebreek sal word.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





