ESTER 7:9-10 AFR53
9. Daarop sê Harbóna, een van die hofdienaars voor die koning: Daar staan reeds die galg wat Haman laat maak het vir Mórdegai wat ten voordele van die koning gespreek het, by die huis van Haman, vyftig el hoog! Toe sê die koning: Hang hom daaraan op!
10. En hulle het Haman opgehang aan die galg wat hy vir Mórdegai opgerig het, en die woede van die koning het bedaar.
***
Kern gedeelte:
"En hulle het Haman opgehang aan die galg wat hy vir Mórdegai opgerig het"
As jy 'n gat vir iemand anders grou, sal jy self daarin val, lui die spreekwoord!
Moenie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie, en behandel ander soos jy behandel wil word.
Moet jou ook nie bekommer oor die gate wat jou vyande vir jou grou nie.
Laat hulle doen soos hulle goed dink, maar bly jy staan in jou onpartydige opregtheid voor GOD.
Moenie kwaad met kwaad vergeld nie, maar bid voortdurend en laat dit in GOD se Hande, en Hy sal elkeen vergeld volgens sy werke.
Daarom sê Hy vir ons in sy Woord, wees stil en weet dat EK GOD is.
-------
GEBED.
VADER, daagliks word die wet verdraai, en die reg gebuig, en die een probeer die ander te-nakom. Vanoggend draai ons na U vir reg en geregtigheid, en vra dat U Hand oor ons sal wees. Ons gaan nie aan die "wêreld" gelykvormig word en kwaad met kwaad vergeld nie, maar vra dat U onpartydig sal oordeel en dat elkeen van ons se werke op ons hoofde sal laat neerkom.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die krag om standvastig te bly in ons Skepper, in ons GOD.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





