I PETRUS 5:5-6 AFR53
5. Net so moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees; en wees almal met ootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.
6. Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.
***
Kern gedeelte:
"God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade"
Wanneer ons deur die meule van die lewe gaan, is ons een dag bo, en die volgende dag weer onder.
Niemand in hierdie lewe is dit gevrywaar nie, en ons huidige posissie, status, rykdom en eer is slegs so beskik deur GOD se genade.
Selfs Nebukadneser is in sy grootheid en hoogmoed neergewerp tot hy erken het, dat GOD in beheer is.
Hoogmoed kom net voor die val, en daarom is dat belangrik dat ons in nederigheid voor GOD lewe, en op die gepaste tyd sal Hy sake verander, jou in die posissie plaas waar jy ter ere van Sy Naam dit kan doen wat Hy vir jou beplan het.
Moet nooit vergeet waar jy vandaan kom, en hoe GOD jou lewe verander het nie!
-------
GEBED.
VADER, soms raak ons weggevoer deur die lofprysing van mense, die weelde van hierdie wêreld en min besef ons dat alles wat ons is, is net genade en alles wat ons het, is net geleen. Laat U Heilige Gees asb vandag op ons inwerk en enige vorm van hoogmoed uitwys, want hoogmoed is die moeder van alle sonde. Deur hoogmoed is die "verderwer" uit die Hemel gewerp.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir nederige harte wat U behaag.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





