SPREUKE 18:6-8 AFR53
6. Die lippe van die dwaas kom met getwis, en sy mond roep na slae.
7. Die mond van die dwaas is sy ondergang en sy lippe 'n strik vir sy lewe.
8. Die woorde van die kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste.
***
Kern gedeelte:
"Die lippe van die dwaas kom met getwis"
Soos die spreekwoord sê:
"So gemaak en so gelaat-staan" of daar is geen salf aan hom te smeer nie.
En dit is een ding wat ons moet besef.
Die tong van die dwaas sal altyd met getwis kom, en as jy daarin betrokke raak sal dit ook die sotheid in jou na vore bring.
Jy kan nie saam met 'n vark in die modder rol en verwag om skoon te bly nie.
Net so sal hierdie voortdurende argumente vir jou skade veroorsaak.
Dit het tyd geword dat jy opstaan en wegloop daarvan, want so 'n persoon wat in dwaasheid voortleef, hoort in jou verlede en kan nie deel van jou toekoms wees nie.
Bid tot GOD, dat Hy vir jou insig sal gee oor wat jou te doen staan, en die toekomspad wat jy moet kies.
-------
GEBED.
VADER, sekere dinge gaan nie verander nie, ongeag van die verskonings en leë beloftes wat aangebied word. Sekere persone in ons lewens lei tot gedurige twis en onmin, en dit laat bitterheid en onvergifnis in ons groei. Gee ons asb die wysheid om binne U Wil, aan te beweeg, sekere verhoudings of vriendskappe tot 'n einde te bring, agter te laat. Laat dit wees soos dit U behaag.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U Leiding en insig aangaande hierdie saak.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





