II KORINTHIËRS 6:14, 17-18 AFR53
14. Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?
17. Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem;
18. en Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.
***
Kern gedeelte:
"Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie"
Hulle sê, elke lewende wese hou van sy gelyke en elke mens van sy medemens.
Alle vlees vergader volgens soort, en aan een soos hy, sal 'n man hom verbind.
Daarom kan jy kan nie as 'n lewende tempel van GOD, jou met die dinge van hierdie wêreld ophou nie, of omgaan met mense wat dit doen of selfs net goedkeur nie.
As jy modder en skoon water meng, word die mengsel modderig. Die skoon water kan nie die modder oorheers nie.
Daarom sal jou karakter, deur jou vriende verander word.
Dus hierdie waarskuwing, Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie.
Wolwe en lammers wei nie saam nie.
-------
GEBED.
VADER, soms in ons dwaasheid dink ons dat ons ander mense sal kan verander. Hulle die regte pad kan wys. Die realiteit is dat slegs U Heilige Gees harte kan verander, en wanneer mense, hardnekkig in hulle sonde volhard, moet ons nie self probeer ingryp nie, maar aanbeweeg sodat ons nie aan hierdie wêreld gelykvormig sal word nie. Laat ons nie deelgenote van die ongeregtigheid word nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir 'n GOD geseënde week.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za.
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





