JAKOBUS 4:7-8, 10 AFR53
7. Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.
8. Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!
10. Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.
***
Kern gedeelte:
"weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug"
GOD het aan ons vrye keuse gegee, vuur en water word vir ons voorgehou, en ons kan kies waarna ons die hand gaan uitsteek.
Wanneer jy jou begeertes na die dinge van die wêreld najaag, open jy die deure van verderf in jou lewe en die "verderwer" sal inkom en verwoesting saai want hy het gekom om te steel, te slag en te verwoes.
Wanneer jy egter die sake van GOD, Sy gebooie en verordeninge bepeins, navolg en as eerste beginsels toepas, sal Wysheid oor jou kom, en jy sal die Lewende water kies bo die brandende verderf van die hel.
Dan sal die "verderwer" van jou wegvlug!
Deur ons keuses sal ons koers bepaal word en deur ons keuses sal ons aansit by die feesmaal van ons Verlosser, of ons sal aansit by ons tafel van nagevolg, die tafel van spyt en berou.
-------
GEBED.
VADER, daagliks struikel ons deur vleeslike begeertes en word die houvas van die "verderwer" geleidelik sterker. Gee ons asb die krag om alles, geestelik tot stilstand te bring sodat ons die geleentheid het om te besin oor die verkeerde dinge in ons lewe. Gee ons asb die krag om die water bo die vuur te kies.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir siele tot bekering en 'n terugkeer na GOD beweging in ons land.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





