JAKOBUS 4:1-3 AFR53
1. WAARVANDAAN kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie?
2. Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie.
3. Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring.
***
Kern gedeelte:
"Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid"
Hierdie verwysing na verkeerd bid verwys nie na die woorde van die mond nie, maar na gesindheid van die hart!
Nader ons tot GOD in gebed met 'n gees van diensbaarheid, waar ons binne GOD se Wil, ons versoeke en node rig, of spreek ons bloot 'n lys van vleeslike begeertes uit.
In enige verhouding is daar kommunikasie, en as ons nie bid nie, nie met GOD praat nie, is die woord verhouding nie van toepassing nie.
In 'n verhouding gaan dit nie oor die belang van een party nie, maar om mekaar se behoeftes te verstaan.
Daarom is dit nodig om binne GOD se Wil te bid, want Sy Woord sê: soek eers die Koningkryk van GOD, en Sy Geregtigheid en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
-------
GEBED.
VADER, uit ons geestelike blindheid, kom na vore ons eensydige eiesinnigheid, en daarom gaan ons gebede slegs oor ons vleeslike begeertes. Laat ons asb vanoggend besef dat eers wanneer ons met 'n gees van diensbaarheid na U kom, sal sake en situasies in ons lewe verander, sal ons gebede verhoor word.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir 'n gesindheids verandering.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





