PSALMS 23:1-3 AFR53
1. Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie.
2. Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.
3. Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.
***
Kern gedeelte:
"Hy lei my in die spore van geregtigheid"
Ons wil so graag enkel verse uit die Woord van GOD neem, en dit maak pas volgens ons lewenswyse en sondige optrede wat daarmee gepaard gaan.
Die feit bly staan, lig en duisternis kan nooit in dieselfde plek, op dieselfde tyd teenwoordig wees nie.
Dus, onthou vanoggend, GOD lei ons op die pad van geregtigheid, om Sy Naam ontwil.
As ons onself vanoggend op die pad van ongeregtigheid bevind, weet dit, dit was nie GOD se leiding nie, maar ons eie keuses.
Keuses het nagevolge, en dit is waarmee ons tans deel.
Miskien is dit tyd om te gaan afsonder, te bid en vas sodat GOD die pad terug na geregtigheid aan ons kan openbaar.
As jy nie seker is nie, onthou: Die Here is jou Herder!
-------
GEBED.
VADER, dit moet iemand anders se skuld wees dat ek in die situasie is waarin ek myself tans bevind, en so probeer ons om onself te verontskuldig. Ons is blind vir ons eie sonde en ons eie foute, sonder U Heilige Gees wat alles openbaar gaan ons, ons nie van ons weë bekeer nie, want ons sien nie die ongeregtigheid waarmee ons tans besig is nie. Open asb ons oë vir ons eie foute, voor ons die foute by ander gaan soek.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat ons nie hardnekkig sal volhard in ons sonde, ons ongeregtigheid nie.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





