LUKAS 22:31-32 AFR53
31. EN die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif.
32. Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.
***
Kern gedeelte:
"dat jou geloof nie ophou nie"
Soos ons weet, die pen word in die nate van die plaveisel ingekap en nie in die soliede gedeeltes nie.
So sal die "verderwer" ook die nate, die krake in ons geloofs-lewe gebruik om twyfel, onsekerheid en onmin te saai.
En stadig maar seker sal die wortels vatplek kry en begin groei, en selfs die sterktste huis laat skade kry.
Daarom as GOD jou Rots en Vesting is, sal daar nie nate van ongeloof wees vir die vyand om die wig van sonde in te kap nie.
Woorde is leeg maar dade dra gewig en deur jou dade sal ander jou geloof sien en versterk word.
Staan sterk en weet dat as GOD vir jou is, wie sal teen jou wees?
-------
GEBED.
VADER, selfs Petrus het gesink toe hy die golwe rondom hom sien. Deur sy twyfel het sy geloof skade gely. Daarom bid ons vanoggend dat U Heilige Gees ons sal versterk in ons tekortkomeninge, die krake in ons geloofs-lewe sal heel totdat dit ondeurdringbaar is vir die vyand.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om elke aanslag te kan weerstaan.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





