I SAMUEL 15:1, 3 AFR53

August 26, 2024

1. TOE sê Samuel vir Saul: Die Here het my gestuur om jou as koning te salf oor sy volk, oor Israel; luister dan nou na die stem van die woorde van die Here.

3. Gaan nou en verslaan Ámalek, en julle moet met die banvloek tref alles wat hy het; en jy mag hom nie verskoon nie, maar jy moet om die lewe bring man sowel as vrou, kind en suigling, bees en kleinvee, kameel en esel.


***


Kern gedeelte:

"luister dan nou na die stem van die woorde van die HERE"

As ons nou vanoggend eerlik moet wees, sal ons moet erken dat ons nie die pad voluit saam met die HERE stap, en presies doen wat HY sê nie.


Die redes hiervoor verskil van mens tot mens.

Twyfel, ongehoorsaamheid, eiesinningheid, gebrek aan oortuiging of selfvertroue, invloed en inspraak van ander mense in ons lewe, is maar enkele redes hoekom ons soos Saul, nie presies doen wat GOD vir ons sê nie.

Wanneer die kaart huis van ons lewe ineenstort, kan ons maar vra, HERE hoekom, maar in die binneste van ons hart weet ons, dit is omdat ek nie geluister het na die stem van die HERE, ons GOD nie.

Raak stil voor die HERE, bely jou foute en swak besluite, vra GOD vir rigting, en wanneer jy die antwoord kry, staan op en doen presies wat HY sê.


-------


GEBED.


VADER, weereens het ons gestruikel in ons besluite en ons eie kop gevolg. Wat verby is, is verby en dit is water onder die brug deur, en ons leef met die nagevolge van ons besluite. Maar gee asb dat ons sal leer uit ons foute, en dat ons U weë sal navolg, na U Stem sal luister en slegs doen wat U behaag.

In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir 'n hart en gees van gehoorsaamheid.

Amen.


•••••••



Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za

E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za

Sel: (+27)(0)716283107

July 7, 2025
25. Die vrees vir die mens span 'n strik; maar hy wat op die Here vertrou, sal beskut word. 26. Daar is baie wat die aangesig van die heerser soek, maar die reg van 'n mens kom van die Here. 27. 'n Man van onreg is vir die regverdiges 'n gruwel, en vir die goddelose is die opregte van wandel 'n gruwel. *** Kern gedeelte: "Die vrees vir die mens span 'n strik" Vanoggend wil ek dit baie duidelik maak! Die enigste vrees wat jy in jou lewe moet hê, is die respekvolle vrees vir GOD, want daarin is die kennis waardeur ons gerig sal word op ons lewenspad. Op die lewenspad, sal beide goed en sleg oor ons pad kom, maar ons hoef dit nie te vrees nie, maar ook daardeur sal GOD ons dra. Moenie in vrees lewe nie want die Woord van GOD sê duidelik, dat dit wat jy vrees, sal na jou toe aankom. Vra eerder dat GOD jou sal oprig, jou sal versterk, om elke aanslag die hoof te bied, en dat ons nie sal buig voor die wêreld nie. As jy vanoggend vra waar sal jou hulp vandaan kom, dan wil ek vir jou sê, ons hulp is van die HERE wat die hemel en die aarde geskape het. ------- GEBED. VADER, vanoggend moet ons belei dat vrees ons verlam, en daarom is ons bang om die geleenthede aan te gryp wat U oor ons pad bring. Ons vrees dit wat die toekoms inhou want ons land gaan ten gronde, maar ons vergeet dat U 'n pad deur die see gemaak het vir U volk, U kinders, uitkoms gegee her waar daar geen uitkoms meer was nie. Laat ons vandag opstaan en verklaar, laat kom wat wil, want my GOD is in beheer. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om uit te styg bo ons probleme. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
July 4, 2025
18. Selfs met hierdie woorde het hulle met moeite die skare verhinder om aan hulle te offer. 19. Maar daar het Jode van Antiochíë en Ikónium aangekom, en hulle het, nadat hulle die skare omgepraat het, Paulus gestenig en hom buitekant die stad gesleep, met die gedagte dat hy dood was. *** Kern gedeelte: "nadat hulle die skare omgepraat het" Pasop vir die eer en lofprysing van mense! Wanneer daar vir hulle iets tot voordeel is, sal mense jou ophemel, jou op die hande dra. Maar wanneer jy jou doel gedien het sal dieselfde mense wat jou vandag eer en lof toegejuig het, klippe optel om jou te stenig. Daarom sê die Woord van GOD, vervloek is die man wat steun op die arm van die vlees. Loop eerder die pad alleen, kies jou vriende baie versigtig, en moenie skares aanhangers rondom jou vergader nie. Dit gaan jou tot spyt wees. ------- GEBED. VADER, met die grysheid kom die wysheid, en soos ons ouer word besef ons dat mense nie vertrou kan word nie, want ons sien slegs die uiterlike van die mens maar die intensies en planne van hulle harte verstaan ons glad nie. Daarom bid ons vir nederigheid van hart sodat, ons nie die eer van die mens najaag nie. Gee asb aan ons die gees van onderskeiding wat nie ongewenste persone in ons lewe sal toelaat nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal rig op ons lewenspad. Amen. -------  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
July 3, 2025
5. Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. 6. Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, 7. omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. 8. En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie. *** Kern gedeelte: En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie Ons kan 'n lewe van voorgee, voor mense lei, maar GOD sien die waarheid. Sy Heilige Gees getuig vir ons of teen ons, afhangend waar ons geestelike lewe tans is. Lees die hele hoofstuk 8 van Romeine en laat dit insink. As GOD nie alles is vir jou nie, dan is Hy niks vir jou nie. Jy is of gered of jy is nie. Soveel mense verklaar dat JESUS CHRISTUS hulle Verlosser en Saligmaker is, maar die duisternis van die wêreld verblind nog hulle oë, hulle denke, hulle weë, sodat hulle die pad van Waarheid nie kan sien nie. Onthou net, die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie. ------- GEBED. VADER, gee asb aan ons die krag om die deure van versoeking toe te hou, want die "verderwer" het sy vingers oral in. Soms is dit wat so reg lyk, juis die verkeerde ding, en as dit te goed lyk om waar te wees, dan is dit juis die weg van struikeling. Beskerm ons asb dat ons nie weer in die strikke van die vlees sal trap nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om geestelik, staande te bly. Amen •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel+27716283107
July 2, 2025
12. En nou, Israel, wat eis die Here jou God van jou as net om die Here jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die Here jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel, 13. om te hou die gebooie van die Here en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou goed kan gaan? *** Kern gedeelte: "dat dit met jou goed kan gaan" Ek verstaan die bogenoemde beter as wat baie mense verstaan en as jy in GOD se Wil probeer lewe sal jy dit ook verstaan! Orals in die lewe is daar mense wat wil hê wat ons het, maar hulle is nie bereid om te doen wat ons doen nie. Waar ander mense agter die wêreld aanjaag, na grashalms gryp en probeer inpas, het ons, in ons, die vrede van GOD wat alle verstand te bowe gaan. Die Woord van GOD leer ons; soek eers die Koningkryk van GOD en Sy Geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. As jy dit navolg sal GOD dit vir jou gee wat jou toekom, op die tyd wanneer jy dit jy dit kan hanteer, sodat dit ook met jou goed kan gaan. Moenie die Bybel net lees nie, maar begin dit uitleef, en sien hoe GOD se hand begin beweeg in jou lewe. ------- GEBED. VADER, vir jare lank lewe ons in die wêreld en dek ons, ons tafel van nagevolg. Dan vra ons hoekom dit met ons so sleg gaan, terwyl U jare lank deur die inwerking van U Heilige Gees, ons geroep het tot bekering. Ons bid vir vir 'n nuwe blaai, 'n nuwe hoofstuk in ons lewe, waar ons sal leer om U en U Woord eerste te stel, sodat dit met ons goed kan gaan. In die Naam van ons Meester YESHUA, vra ons vir 'n nuwe begin, vir 'n lewe toegewy aan U. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
July 1, 2025
31. Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees word. 32. Hierdie verborgenheid is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente. 33. In alle geval moet elkeen van julle ook afsonderlik sy eie vrou liefhê net soos homself, en die vrou moet die man eerbiedig. *** Kern gedeelte: "Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat" Hoekom hou huwelike nie? Want daar is geen fondasie nie! Wanneer ons 'n huis begin bou, bou ons van die fondasie af op boontoe. Eers moet ons mekaar vind, en dan moet ons in ons gemeenskaplike verhouding, GOD vind. As dit gedoen is, sal jy besef dat soos wat julle as huweliks maats nader aan GOD beweeg, sal julle nader aan mekaar beweeg. Dit is hoe die huweliks driehoek werk. Dan sal buite invloede van familie, vriende en vals vriende, die aanslae van die verderwer geen effek op ons verhoudings, ons huwelike hê nie. Die Woord is duidelik, die twee sal een word. In eenheid met mekaar, dan saam in eenheid tot GOD. Ek sê nie dat ons nie na raad moet luister nie, maar hou ander mense en hulle opinies wat 'n wig tussen julle indryf, uit julle huwelik uit. ------- GEBED. VADER, elke dag staan ons teen die storms, die aanslae teen ons huwelike, want die "verderwer" weet dat as hy die huwelik kan opbreek, gaan hy die gesin opbreek en daardeur kan mense tot 'n val, eindig kinders sonder rigting en sonder toekoms. Laat ons vandag besef dat in eenheid, lê die geheim, in eenheid met mekaar, in eenheid met U. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir restorasie van huwelike, vir hulle wat nie meer die pad vorentoe, saam kan sien nie. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
June 27, 2025
9. Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; 10. laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; 11. gee ons vandag ons daaglikse brood; 12. en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; 13. en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen. *** Kern gedeelte: "laat u wil geskied" Soveel van ons mis nog hierdie punt: Dit is nie ons wil in GOD se lewe nie, maar GOD se Wil in ons lewe. En deur weerstand te bied, die sonde nie te laat gaan nie, stap ons deur die woestyn paaie van die lewe. Dink net so oomblik in nabetragtig oor dit wat ek vanoggend sê. ------- GEBED. VADER, ons bid die gebed, soos U Seun ons geleer het, maar as ons klaar is, vergeet ons onmiddelik die deel wat sê, laat U Wil geskied. Leer ons asb vandag wat U Wil is, en maak ons oë oop vir ons eie foute. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir gehoorsaamheid aan U Woord. Amen.  ••••••• Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings