MALEÁGI 3:8, 10 AFR53
8. Mag 'n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe.
10. Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die Here van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie.
***
Kern gedeelte:
"en beproef My tog hierin, sê die Here van die leërskare"
Die bogenoemde is nie net van toepassing wanneer dit met ons goed gaan nie, maar ook wanneer dit met ons minder goed gaan.
Dink aan die woorde van JESUS CHRISTUS toe hy gepraat het oor die aalmoese van die weduwee.
Sy het meer as al die ander gegee, want sy het in haar gebrek ingegooi.
Hierdie weduwee is vir ons 'n duidelike voorbeeld van iemand wat op GOD vertrou vir die voorsiening van hulle daaglikse brood.
Daarom kon sy selfs in haar gebrek aan GOD gee wat GOD toekom.
Miskien is hierdie boodskap vir jou vanoggend, wanneer GOD sê:
en beproef My tog hierin, sê die Here van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie
-------
GEBED.
VADER, hoe moeiliker dit met ons gaan, hoe meer lewe ons met die hand teen die bors, omdat ons nie op U vertrou vir die dag van môre nie. Laat ons asb besef dat U aan die regverdiges, aan U kinders sal gee, en in nood sal U Hand nie tekort wees nie. Laat ons nie bekommer wees oor die dag van môre nie want U gaan ons reeds vooruit, en U het reeds daarvoor voorsien.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat ons ook die nood van ander sal raaksien.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





