EFÉSIËRS 6:10-11 AFR53
10. EINDELIK, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.
11. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
***
Kern gedeelte:
"word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte"
Waar jy vandag hierdie boodskap lees of daarna luister, voel dit dalk vir jou of jy nie die struikelblokke in jou lewe gaan oorkom nie.
Ongeag of dit probleme in jou huwelik, jou finansies, gesondheid of struikelblokke is wat jy mee worstel, weet dat GOD jou die krag sal gee om alles te oorkom.
Jou oplossing lê nie in die veelheid van woorde of die gedrag wat jou aan die wêreld gelykvormig maak nie, maar jou oplossing lê in stil wees voor GOD en in die vertroue dat Hy jou sal uitred deur die Krag van Sy Sterkte.
Leer by Hiskia, hy het nie sy saak voor die volk gelê en na hulle toe gegaan met sy probleem nie.
Hy het sy saak aan GOD voorgelê, op Hom vertrou, en GOD het aan hom uitkoms gegee.
Onthou net dit:
Vir die mens is dit onmoontlik, maar by GOD is alle dinge moontlik.
-------
GEBED.
VADER, waar ons vanoggend voor U nader, besef ons dat ons oplossing kan slegs deur U bewerkstellig word. Ons gaan niks daarby baat om met ons probleme te koop rond te loop nie, of om op die arm van vlees te probeer steun nie. Versterk ons asb vanoggend in ons gemoed, sodat ons kan stilraak voor U, en sal weet dat U ons reeds vooruitgaan en die oplossings en uitkomste bewerkstellig.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal rig op ons lewenspad.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





