EXODUS 20:1-6 AFR53
1. TOE het God al hierdie woorde gespreek en gesê:
2. Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.
3. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.
4. Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.
5. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die Here jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;
6. en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.
***
Kern gedeelte:
"TOE het GOD al hierdie woorde gespreek"
Hierdie is woorde deur GOD gegee en nie menslike versinsel wat in die hedendaagse christendom aanvaar word nie.
GOD se Woord, Sy instruksies het nog nooit verander nie, en daarom vra ek dat elkeen besin oor die tekverse soos hierbo saamgevat.
Maar laat ons spesiaal kennis neem van wat geskrywe is in vers 5 en 6.
___
* Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die Here jou GOD, is 'n jaloerse GOD wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;
• en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en My gebooie onderhou.
-------
GEBED.
VADER, vanoggend se boodskap mag vir elkeen 'n ander betekenis hê en daarom vra ons dat U Heilige Gees aan ons sal openbaar waar ons nie binne U gebooie, U wil en U weg lewe nie. Laat dit wees soos dit U behaag.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat ons ontvanklik sal wees vir U boodskap.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





