HANDELINGE 2:37-38 AFR53
37. TOE hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders?
38. En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
***
Kern gedeelte:
"Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word"
Vanoggend wil ek nie met jou praat oor die gevoel in jou, dat jy verkeerd lewe nie, maar ek wil met jou praat oor die gevoel dat dit te laat is en dat jy reeds te ver van GOD verwyderd is.
Weet dit, GOD sal jou nooit verlaat nie, en Hy sal jou nooit faal nie.
Daarom vra ek vanoggend, wil jy nie die oomblik neem, JESUS CHRISTUS, as jou Verlosser en Saligmaker aanneem nie.
Dan sal jy besef, GOD is met jou, maar jy het in die skeidsmuur van sonde vasgekyk, en daarom het dit gevoel of jy reeds te vêr weg was, gevoel dat dit reeds te laat is.
Dit is nooit te laat nie, neem 'n oomblik en raak stil voor GOD en laat Sy genade deur jou lewe spoel.
-------
GEBED.
VADER, ons bid vanoggend dat U elkeen sal bystaan wat voel dat alles verby is, dat dit te laat is en dat daar geen hoop meer is nie. Ons bid dat U Heilige Gees op elkeen sal inwerk, elkeen sal versterk sodat hulle in hulle hart sal ervaar dat U hulle nooit sal faal en hulle nooit sal verlaat nie. Gee U, ons GOD die krag wat ons nodig het.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen wat moeg en moedeloos voel. Versterk ons asb in hierdie oomblik.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)71628307





