DANIËL 3:16-18 AFR53
16. Sadrag, Mesag en Abednégo het geantwoord en aan koning Nebukadnésar gesê: Ons ag dit nie nodig om u hierop 'n antwoord te gee nie.
17. As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos;
18. maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie.
***
Kern gedeelte:
"laat dit u dan bekend wees, o koning"
Jy hoef nie in arrogansie of vermetelheid op te tree nie, maar jy kan staande bly in die Naam van die HERE, onse GOD!
So dikwels verwag die "mense van hierdie wêreld" dat ons die goue beelde, voorwerpe en sisteme wat ons lewe probeer beheer, moet aanbid, en dat ons uitkoms slegs daardeur bewerkstellig sal word.
Vanoggend wil ek jou herhinner aan die woorde van Ps 121 wat sê:
Ek slaan my oë op na die berge, waar sal my hulp, vandaan kom? My hulp is van die HERE wat die hemel en die aarde gemaak het.
Laat dit vandag bekend word, dat jy nie op die hand van vlees steun nie, maar jou uitkoms sal wonderwerkend deur GOD bewerkstellig word.
-------
GEBED.
VADER, so dikwels lyk die probleem, die uitdaging voor ons te groot te groot en dat ons geen ander keuse het as om te buig voor die "wêreld" nie. Die rede daarvoor is omdat ons te naby aan die probleem en te vêr van U lewe, en daarom kan ons nie die uitkoms sien deur U reddende Hand nie. Gee ons asb die krag om vandag op te staan en te verklaar dat ons hulp slegs van U sal wees.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U vir ons die onmoontlike, moontlik sal maak.
Amen.
••••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





