I JOHANNES 5:16-18 AFR53
16. As iemand sy broeder 'n sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet hy bid, en Hy sal hom die lewe gee — vir die wat nie 'n sonde tot die dood doen nie. Daar is 'n sonde tot die dood; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie.
17. Alle ongeregtigheid is sonde, en daar is 'n sonde wat nie tot die dood is nie.
18. Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie; maar hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die Bose het geen vat op hom nie.
***
Kern gedeelte:
"Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie"
Ons kan voor mense voorgee, onself voordoen as heilig en bekeerd, maar GOD ken die hart van die mens en die valsheid wat daarmee gepaard gaan.
Maar valsheid en leuns vat ons net sover en dan sal die sonde na vore kom en ons tot vernietiging lei.
Die slotsom en ook die boodskap wat vandag moet uitgaan is, breek met die sondes van jou verlede want dit sal jou inhaal en jou tot erge skade wees.
Onthou, daar is sonde wat lei tot die dood.
Breek daarmee terwyl jy nog in GOD se genade tyd lewe.
-------
GEBED.
VADER, vanoggend belei ons, ons sondes wat ons nog in die geheim koester. Ons weet dat as ons hiermee voortgaan, dit sal groei totdat ons dit nie meer kan beheer nie, en dan sal dit ons tot ons ondergang lei. Ons lê hierdie sondes voor U voete, en vra dat U ons die krag sal gee om daarmee te breek.
In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U dat U ons werklik vrymaak.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





