PSALMS 107:11-13 AFR53
11. omdat hulle wederstrewig was teen die woorde van God en die raad van die Allerhoogste verwerp het,
12. het Hy hulle hart deur moeite verneder; hulle het gestruikel, en daar was geen helper nie.
13. Toe het hulle die Here aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.
***
Kern gedeelte:
"het Hy hulle hart deur moeite verneder"
Hoe bekeer die volk hulle tot GOD as die volk nie besef dat hulle in sonde lewe nie, en hulleself nie verootmoedig voor GOD nie.
Vir jare lank in ons land Suid-Afrika kruip die verval in soos 'n kanker wat die land verteer, self in plekke wat nooit daardeur geraak was nie.
Hierdie is slegs die begin want ons volk en ons mense kies om op die verkeerde pad te bly leef, te leef in afvalligheid, van GOD verwyderd.
Daarom sal GOD hierdie land en sy mense deur die oond van vernedering laat gaan, totdat ons besef wie ons GOD is, en na Hom terugkeer.
Kom ons lees vers 13 weer en laat dit by ons insink.
Toe het hulle die Here aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.
-------
GEBED.
VADER, daar is geen mens so blind as een wat nie wil sien nie, en geen een so doof soos een wat nie wil hoor nie. Dit beskryf ons volk en ons mense. Trek U Hand nie van ons terug nie, en verlaat ons nie op ons dwaalpad nie. Maar laat U Heilige Gees asb inwerk waar dit nodig is sodat harte sal verander en dat herlewing in ons land sal plaasvind en dat ons volk en ons mense weer hulle GOD sal vind.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Heilige Gees soos 'n vuur deur die land sal trek, en herlewing sal bring.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





