SPREUKE 6:16-19 AFR53
16. Hierdie ses dinge haat die Here, en sewe is vir sy siel 'n gruwel:
17. trotse oë, 'n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet,
18. 'n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop,
19. een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai.
***
Kern gedeelte:
"Hierdie ses dinge haat die Here, en sewe is vir sy siel 'n gruwel"
Kom ons neem 'n oomblik om weer stadig deur alles te werk.
1. Trotse oë.
2. 'n Leuenagtige tong.
3. Hande wat onskuldige bloed vergiet.
4. 'n Hart wat onheilsplanne beraam.
5. Voete wat haastig na die kwaad toe loop.
6. Een wat as valse getuie leuens uitstrooi
7. Tussen broers tweedrag saai.
Ek dink nie ons moet net vaskyk in die sewe dinge wat GOD haat nie, maar ook waarom sou GOD die bogenoemde haat?
Wat sal die teenoorgestelde van die bogenoemde sewe dinge wees.
1. Nederige oë voor GOD want wat ons is, is net genade.
2. 'n Tong wat waarheid en lewe spreek
3. Hande wat nie onskuldige bloed vergiet nie.
4. 'n Hart wat eerlik en opreg is voor GOD.
5. Voete wat haastig na die goeie toe loop.
6. Een wat as eerlike getuie in die waarheid staan.
7. Tussen broers vrede maak.
As ons, ons gesindheid verander, sal die wêreld 'n baie beter plek wees.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat U ons daarop wys dat ons gesindheid bepaal ons lewens-koers en eindbestemming. Laat U Heilige Gees ons asb lei om ons gesindheid te verander. As ons nie alles in een dag kan verander nie, gee ons dan asb die krag om elke dag te strewe om beter te word, meer en meer soos U Seun te wees.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons in die pad van waarheid sal lei.
Amen.
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





