JOHANNES 10:27-29 AFR53
27. My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.
28. En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.
29. My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.
***
Kern gedeelte:
"My skape luister na my stem"
Moenie mislei word nie, want GOD roep jou nie deur jou sonde nie, maar uit jou sonde uit tot bekering deur JESUS CHRISTUS na die ewige lewe.
As die stem wat jy hoor, die gevoel wat jy ervaar, jou terugroep na jou sondes, weet dan dat die " verderwer" jou tot struikeling wil bring!
Die "verderwer" ken jou naam en hy roep jou deur jou sondes.
GOD aan die ander kant, ken jou sondes, maar Hy roep jou op jou naam tot wegkeer van jou sondes.
Reg is reg, verkeerd is verkeerd, en nooit sal GOD jou terugvat na waar jy vandaan kom nie, Hy sal jou nooit terugvat na jou sondes toe nie.
-------
GEBED.
VADER, hoe maklik is dit nie om deur die wêreld bedrieg te word nie, want soos die engelse mense së: "Nowdays everything goes". U sê, wees heilig want Ek is Heilig. Gee ons asb 'n honger na U Woord, sodat ons U riglyne wat U vir ons deur U Woord gee, sal navolg en uitleef.
Laat ons nie deur die stem van die wêreld mislei word nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir geestelike geopende oë wat die waarheid sal sien.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





