JEREMIA 50:7 AFR53
7. Almal wat hulle kry, het hulle opgeëet; en hulle teëstanders het gesê: Ons maak ons nie skuldig nie, omdat hulle gesondig het teen die Here, die Woning van geregtigheid en die Verwagting van hulle vaders, die Here.
***
Kern gedeelte:
"die Verwagting van hulle vaders"
As jy deur sonde, deur ongeduld van jou drome vergeet het, beteken dit nie dat GOD daarvan vergeet het nie.
Die verwagting wat ons in GOD gehad het om dit 'n werklikheid te maak verdof met tyd afgetakel deur sonde van ongeloof, en ons glo nie meer soos in die begin nie
Soos die tyd aanstap verloor ons hoop, raak ons moeg en begin die wêreld ons afgemat maak.
STOP EN LUISTER!
Haal jou oë van die wêreld af, en draai jou fokus terug na GOD toe want die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.
Moet dat GOD net 'n flou verwagting wees nie, deel opnuut jou drome en jou visie met GOD, herhinner GOD aan Sy beloftes oor jou lewe, en laat GOD jou aktiewe Verwagting word, laat GOD jou Woning van onpartydige opregtheid word.
-------
GEBED.
VADER, as ons lank genoeg na 'n leuen luister, word dit mettertyd die waarheid wat ons aanvaar in ons lewe. Die "verderwer" is die meester van leuens en daagliks vertel die wêreld ons dat daar geen hoop en verwagting in U is nie, en dat slegs die wêreld die oplossing kan bied. Ons slaan slaan vanoggend ons oë op na die berge, waar sal ons hulp vandaan kom. Ons hulp is van die HERE.
In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U dat U ons aktiewe hoop en verwagting is.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





