NÚMERI 22:31-33 AFR53
31. Toe open die Here die oë van Bíleam, sodat hy die Engel van die Here in die pad sien staan met sy ontblote swaard in sy hand, en hy het gebuig en op sy aangesig neergeval.
32. En die Engel van die Here vra hom: Waarom het jy jou esel nou al drie maal geslaan? Kyk, Ek self het uitgegaan as 'n teëparty, want jou weg loop gevaarlik steil in my oog!
33. Maar die esel het My gesien en nou al drie maal voor My uitgedraai. As sy nie voor My uitgedraai het nie — dan het Ek jou alte seker gedood en haar laat lewe.
***
Kern gedeelte:
"want jou weg loop gevaarlik steil in my oog!"
In 'n ander vertaling lees die woorde: want jou pad loop onaanvaarbaar voor my uit.
Ons moet bitter versigtig wees om nie sake te forseer en teen die Wil van GOD te beweeg nie, want dikwels wil ons dinge doen ter eër in die oë van mense en dink slegs aan die voordele wat mamon kan bied.
As dinge nie wil werk nie, moet dit nie forseer nie, want GOD het dalk in hierdie saak as teëparty teen jou opgetrek, en beskerm jou teen die foute en die skade wat jy vir jouself gaan veroorsaak in die toekoms.
Wees nie wys in jou eie oë, en steun nie op jou eie insig nie, maar ken GOD in alles.
As dit binne GOD se Wil is, sal deure outomaties oopgaan, geleenthede sal opkom, en GOD se Goedheid en Guns sal jou volg op hierdie pad.
-------
GEBED.
VADER, hoe dikwels waarsku U ons nie deur die inspraak van U Heilige Gees nie, maar ons volhard op die pad waarteen U ons gewaarsku het ter wille van geld en die eer van mense. Ons belei ons hardkoppigheid om in sonde voort te beur en teen U Wil in te werk. Open asb ons oë en wys U vir ons die pad waarop ons moet gaan.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons slegs vir die uitvoering van U Wil in ons lewe.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





