HEBREËRS 4:1-2 AFR53
1. LAAT ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie.
2. Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie.
***
Kern gedeelte:
"maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie"
Daar is net een ware Evangelie wat verkondig word, en dit is die Evangelie van JESUS CHRISTUS, tot ons redding, wat ons lei op die pad na die ewige lewe.
Daarom as jy vanoggend Sy Stem hoor, verhard nie jou hart nie maar kies om gekies te word.
Die Woord van prediking gaan soveel mense niks baat nie, omdat hulle nie glo in die verlossings plan van GOD deur Sy Seun nie.
Of ons dit wil glo of nie, ons kan kies om nie gekies te word, en ongeloof is dit wat staan tussen ons en die regte keuse.
Die Verlossings plan van GOD is ook vir jou bedoel, maar die keuse is in jou hande.
-------
GEBED.
VADER, ons hoor net wat ons wil hoor, en daarom luister ons nie na die inspraak van U Heilige Gees nie. U staan voor die deur en klop maar ons maak nie oop. Ons lewe voort in ons eiesinnigheid en eiewysheid, en ons steur ons nie aan die boodskap van U Woord nie. Daagliks praat U met ons en roep ons tot bekering maar ons is te besig met die dinge van die wêreld. Bring ons asb tot stilstand, sodat ons ag sal slaan op dit wat U vir ons sê.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die regte keuse, die persoonlike keuse van bekering, weg van die sonde, op die pad na die ewige lewe.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





