HEBREËRS 5:8-9 AFR53
8. Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het;
9. en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, 'n bewerker van ewige saligheid geword
***
Kern gedeelte:
"het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het"
So dikwels kla ons oor die toetse, uitdagings en storms wat ons moet deurgaan op ons lewenspad.
Dan moet ons net 'n oomblik stil raak en kyk na die pad wat ons Verlosser moes stap om vergifnis van ons sondes deur Sy kruisdood te bewerkstellig.
Ons lees dat in gebed het Hy gevra, as dit U Wil is, laat hierdie beker by my verbygaan, maar nogtans nie My wil nie, maar U Wil.
Deur ons toetse en struikelblokke van die lewe leer ons gehoorsaamheid en begin ons GOD se pad vir ons lewe soveel beter verstaan.
Daarom laat ons nie traag word in ons gehoor en ophou luister na die Heilige Gees wanneer omstandighede moeilik raak nie, maar laat ons ook bid en sê, nogtans nie my wil nie, maar U Wil.
-------
GEBED.
VADER, hoekom moet ek hierdie deurgaan, is die eerste woorde op ons lippe wanneer die storms op ons lewenspad ons tref. Ons besef nie dat elke uitdaging ter voorbereiding van die volgende stap in ons lewe is nie. Ons besef nie dat U ons stapsgewys gehoorsaamheid leer om U plan vir ons lewe na te volg en uit te leef nie. Gee ons asb vandag die wysheid om uit die huidige situasie gehoorsaamheid te leer.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U Wil in ons lewe.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





