HEBREËRS 6:14-16 AFR53
14. en gesê: Voorwaar, Ek sal jou ryklik seën en jou grootliks vermeerder.
15. En so het hy die belofte verkry nadat hy geduldig gewag het.
16. Want mense sweer by een wat meer is, en die eed van bevestiging is vir hulle die einde van alle teëspraak.
***
Kern gedeelte:
"En so het hy die belofte verkry nadat hy geduldig gewag het"
In ons ongeduld om op GOD te wag, maak ons sake vir onself moelik.
Elkeen van ons het 'n pad wat ons saam met GOD moet stap, en ongeduld maak die pad nie korter nie.
Die distansie tussen Pretoria en waar ons bly op die plaas is 1170 km, en geen ongeduld of ander roete gaan dit korter maak nie.
Deur ongeduld neem ons swak besluite, verkeerde keuses wat die reis vertraag.
En so dikwels neem ons verkeerde afdraai paaie wat die reis nog langer maak, en op hierdie onbeplande roetes kry ons skade wat GOD nie vir ons beplan het nie.
Daarom, as jy vanoggend voel dat jy deur ongeduld gedryf word, bid tot GOD vir kalmte met die wete dat jy die belofte sal verkry as jy op GOD wag!
-------
GEBED.
VADER, deur ongeduld aangedryf, maak ons sake vir onself erger. Selfs Abraham het ingegee nadat hy deur sy vrou se ongeduld beinvloed was en by hulle slavin ingegaan het en ons almal ken die konflik wat dit in sy huishouding verwek het. Gee ons asb die krag om geduldig op U te wag, sodat ons nie verkeerde keuses maak nie, en ook nie van U pad vir ons lewe sal afwyk nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid vir standvastigheid van geloof, en vir geduld tot beloning.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





