PSALMS 27:1, 3 AFR53
1. 'n PSALM van Dawid. Die Here is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die Here is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees?
3. Al word 'n laer teen my opgeslaan, my hart sal nie vrees nie; al staan 'n oorlog teen my op, nogtans vertrou ek.
***
Kern gedeelte:
"my hart sal nie vrees nie"
Die "verderwer" sal jou nie in vrede laat as jy besluit het om die pad in gehoorsaamheid saam met GOD te stap nie.
Jy SAL aanslae op jou lewe kry en probleme SAL in jou pad geplaas word, vir jou tot struikeling.
Die "verderwer" wil jou gedagtes verander sodat jy sal vra, as ek die GOD dien, hoekom al die probleme?
Hier is die geheim.
Jou benadering teenoor jou probleme en jou struikelblokke sal jou die oorwinning gee!
As jy negatief raak oor elke probleem of uitdaging, sal die "verderwer" die oorhand oor jou kry.
Maar as jy in alles GOD se Naam groot maak en elke probleem na GOD toe bring in geloof, is die oorwinning reeds joune, want GOD draai die negatiewe na die positiewe.
Jy hoef nie te vrees nie, want GOD sal dit wat in jou pad geplaas word tot struikeling gebruik as materiaal om die pad voor jou uit gelyk te maak.
Ongeag wat, neem vanoggend die standpunt in:Die Here is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees?
-------
GEBED.
VADER, dit is ons keuse of ons gaan toelaat dat die "verderwer" die oorhand kry en of ons in oorwinning gaan staan. Laat ons asb vanoggend besef, dat die probleme is nie die hoof faktor in ons lewe nie, maar hoe ons daarna kyk. Gee ons asb die krag om in oorwinning na elke situasie te kyk met die wete dat my GOD is in beheer. Met die wete, te midde van alle aanslae, die oorwinning is reeds myne.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir geloof soos 'n Mosterd saad.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





