HEBREËRS 7:24-25 AFR53
24. maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit 'n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie.
25. Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.
***
Kern gedeelte:
"Daarom kan Hy ook volkome red"
In die teksverse hierbo moet ons noukeurig oplet na die bewoording waar daar geskrywe staan;
"kan Hy ook volkome red"
Daar staan nie geskrywe dat Hy sal volkome red nie, want die keuse tussen "kan en sal" lê by ons" en by niemand anders nie.
Niemand anders kan jou lewe vir jou lei nie en niemand anders kan vir jou kies om JESUS CHRISTUS as jou Verlosser en Saligmaker aan te neem en dan in gehoorsaamheid binne GOD se Wil te wandel deur die leiding en inwerking van Sy Heilige Gees nie.
Net so ook kan niemand anders in ons plek voor die troon van oordeel gaan staan nie.
Die slotsom is dat die keuse, is in elkeen van ons se hande en die verantwoordelik lê by niemand anders nie.
Jy het vandag nog die keuse, daarom terwyl jy nog kan, bely jou sondes, en nader tot GOD in waarheid.
-------
GEBED.
VADER, alles wat verkeerd is in ons lewe blameer ons op ander en nooit is dit ons skuld nie. Dit is eers wanneer ons in stilte, in waarheid voor U kom en elke sonde bely dat ons besef, dat as ons een vinger na 'n ander wys, dan wys daar drie vingers terug na ons toe. Wanneer ons leer om eers eerlik met onself te wees, kan ons in opregtheid voor U kom en vra dat U ons sal lei op die pad na verlossing, op die pad na die ewige lewe.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat ons vandag die regte besluite voor U sal neem.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





