JOHANNES 17:15-17 AFR53
15. Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.
16. Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.
17. Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.
***
Kern gedeelte:
"Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie"
Elkeen van ons het 'n doel en rede vir ons bestaan, en die pad wat GOD vir ons uitgelê het, sal ons in Sy Woord vind, sal ons beter verstaan deur tyd met GOD deur te bring, en toe te laat dat Sy Heilige Gees ons lei.
GOD het ons nie 'n gees van vrees gegee nie, en al is ons daagliks in stryd gewikkel tussen goed en kwaad, tussen duisternis en lig, tussen sonde en geregtigheid, sal GOD jou die krag gee om alles te oorkom, om alles te deurstaan, jou lewenspad voluit te stap.
Moenie toelaat dat die "verderwer" se leuens jou sonder hoop of uitsig vir die toekoms laat nie, want jy is reeds 'n oorwinnaar deur JESUS CHRISTUS wat jou die krag gee.
-------
GEBED.
VADER, ons kan kies om in gebed die knieg voor U te buig sodat ons in die wêreld staande kan bly. Die "verderwer" se einddoel is om ons terug te win na die wêreld van sonde waar ons geen hoop en verwagting in U het nie, want die sonde word 'n skeidsmuur tussen U en U kinders. Gee ons asb die krag om in ons geloof nie te faal nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die krag om te volhard in gebed, ons geloofspad voluit te stap.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





