JOHANNES 18:25-27 AFR53
25. En Simon Petrus het hom staan en warm maak. En hulle sê vir hom: Jy is tog nie ook een van sy dissipels nie? Toe ontken hy dit en sê: Ek is nie.
26. Een van die hoëpriester se diensknegte wat familie was van die man wie se oor Petrus afgekap het, sê: Het ek jou nie in die tuin by Hom gesien nie?
27. En Petrus het dit weer ontken; en dadelik het die haan gekraai.
***
Kern gedeelte:
"En Petrus het dit weer ontken"
Ons mag miskien dink dat ons GOD nie ontken in ons lewe nie, en ons sê dit miskien nie so reguit nie, maar hoeveel keer ontken ons GOD deur nie die eer aan Hom te gee nie?
Hoeveel keer verander ons die gesprek tussen vriende/kollegas op 'n subtiele manier omdat ons skaam is om oor GOD en sy Woord te praat.
Hoeveel keer staan ons nie op wanneer ons GOD se Woord moet verdedig of iemand daarop teregwys nie.
Petrus was so seker oor sy geloof in JESUS, en tog het hy Hom drie maal verloën.
Wees versigtig met die woorde van jou mond en die dade van jou hart, want niks kom uit onself nie, maar alles wat ons het, en wie ons tans is, is net genade!
-------
GEBED.
VADER, so dikwels skrum ons Weg van U, en U Woord wanneer ons in die teenwoordigheid van mense in die wêreld is. Ons besef nie eers meer dat dit deur U lydsaamheid en genade is, dat ons nog vandag nog hier is nie. Laat U Heilige Gees ons asb versterk in karakter sodat ons U nooit sal verloën of ontken nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Gees ons lippe sal aanraak sodat ons woorde ter ere en lofprysing van U Heilige Naam sal wees.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel:+27716283107





