I KRONIEKE 5:19-20 AFR53
19. En hulle het oorlog gevoer met die Hagareners en Jetur en Nafis en Nodab;
20. en hulle het hulp gekry teen hulle, en die Hagareners is in hulle hand oorgegee, en almal wat met hulle saam was; want hulle het God aangeroep in die oorlog, en Hy het hulle verhoor, omdat hulle op Hom vertrou het.
***
Kern gedeelte:
"Hy het hulle verhoor, omdat hulle op Hom vertrou het"
Vanoggend wil ek net vir jou sê, moenie jou asem ophou as jy tans jou oplossings en deurbrake van die wêreld verwag nie.
Niemand gaan jou te hulp snel, of jou probleme vir jou kom oplos nie.
Jou gebede tot GOD en jou vertroue in Hom gaan jou deurdra en aan jou die oorwinning gee.
Op die regte, God-gegewe tyd, sal jy hulp kry soos GOD dit beplan het.
Draai jou weg van die vals sekerheid van hierdie wêreld, en steun nie op die arm van vlees nie, maar wees standvastig in geloof, vertrou op GOD en volhard in jou geloofsekerheid in Hom.
Die oorwinning is reeds joune, maar die tyd daarvoor is nog nie reg nie.
-------
GEBED.
VADER, U weet dat ek vanoggend 'n ander boodskap wou uitstuur, maar U het hierdie woord op my hart gelê. Ek vra dat U hierdie boodskap sal seën en dat U Heilige Gees dit sal openbaar aan elkeen vir wie dit bedoel is. Vergewe asb ons onsekerheid en twyfel.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om staande te kan bly in tye van nood.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





