ESÉGIËL 2:1-2 AFR53
1. EN Hy het vir my gesê: Mensekind, staan op jou voete, dat Ek met jou kan spreek.
2. En die Gees het in my gekom sodra Hy met my gespreek het, en my op my voete laat staan; en ek het Hom gehoor wat met my gespreek het.
***
Kern gedeelte:
"Mensekind, staan op jou voete"
Weet vandag dat as GOD jou roep, dat hy jou ook sal oprig!
Wanneer GOD iets op jou hart lê om te doen, en jy voel dat jy nie meer die krag, die lus, of die dryf daarvoor het nie, weet dit, dat as jy in gehoorsaamheid beweeg, GOD met jou sal wees.
Hy sal jou oprig, versterk en bemagtig, sodat geen probleem, situasie of uitdaging vir jou te groot sal wees nie.
Onthou altyd dat gehoorsaamheid aan GOD is beter as die offers van die vet van ramme.
As jy GOD se stem hoor deur die inspraak van Sy Heilige Gees, weet dat jy op jou voete geplaas sal word, versterk sal word vir die taak wat voorlê.
-------
GEBED.
VADER, ons besef nie altyd dat dit nie ons wil in U lewe is nie, maar U Wil in ons lewens. Dankie dat U vanoggend bevestig dat U ons sal oprig, bemagtig en krag gee vir dit wat vir ons voorlê op ons lewenspad.
Dankie VADER, dat U die pad wys waarop ons moet stap. Dankie vir U Leiding waar ons nie meer weet waar om te gaan nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir gehoorsaamheid van hart.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





