KOLOSSENSE 3:16-17 AFR53
16. Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.
17. En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
***
Kern gedeelte:
"En wat julle ook al doen in woord of in daad"
Ons moet bitter versigtig wees om nie aan hierdie wêreld gelykvormig te word nie.
As die dinge en mense van die wêreld ons fokus word, sal ons kortliks ook wêreldse vrug begin dra.
Hoe sal ons die verskil ken?
Eenvoudig, as dit waarmee jy tans besig is, nie in die Naam van JESUS CHRISTUS gedoen kan word nie, en jy kan GOD nie daarvoor dank nie, dan is jy met die wêreldse dinge besig.
Ons kan GOD nie dank vir moord, diefstal, egbreuk, hoerery, oneerlikheid of terwyl ons ander mense vertrap nie.
As jy binne GOD se Wil lewe, sal jy alles doen waarvoor jy Hom kan dank, in die Naam van JESUS CHRISTUS.
-------
GEBED.
VADER, soveel van ons kom daagliks voor U, en ons bid vir U Leiding, Krag, Voorsiening en Beskerming, maar as ons van die gebed vloer af opstaan, haas ons, ons terug na die dinge en mense van die wêreld wat ons op die paaie van verderf lei. Beskerm ons asb nie net teen die aanslae van die lewe nie, maar beskerm ons ook asb teen onself, want soms is ons, ons eie grootste vyand.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U Hand van beskerming in ons lewe.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





