ESÉGIËL 3:20-21 AFR53
20. En as 'n regverdige hom van sy geregtigheid afkeer en onreg doen, en Ek 'n struikelblok voor hom gooi, dan sal hy sterwe; omdat jy hom nie gewaarsku het nie, sal hy deur sy sonde sterwe, en aan sy geregtigheid wat hy beoefen het, sal nie gedink word nie; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis.
21. Maar as jý die regverdige waarsku, dat die regverdige nie moet sondig nie, en hy sondig nie, dan sal hy sekerlik lewe, omdat hy hom laat waarsku het; en jy het jou siel gered.
***
Kern gedeelte:
"en Ek 'n struikelblok voor hom gooi"
Almal is van die opinie dat alle probleme en struikelblokke net deur die "verderwer" op ons pad geplaas word.
As ons die bogenoemde teks verse lees, sal ons weet en besef dat GOD ook struikelblokke op ons lewenspad sal plaas, om ons te rig, te stop om verkeerde besluite te maak, te keer om by sekere mense betrokke te raak, want die pad wat wat ons wil volg, lei reguit hêl toe.
As dinge nie uitwerk nie, verhoudings bly haak, of transaksies bly sloer, neem 'n tree terug, bid tot GOD en maak seker dat jy reg besluit het, of jy nog binne GOD se onpartydige opregtheid staan, want hierdie struikelblok wat jy ervaar kan dalk daar geplaas wees tot jou redding.
-------
GEBED.
VADER, uit frustrasie en desperaatheid bly ons dinge forseer, ons hou aan probeer sonder om te besef dat ons daadwerklik besig is om teen U Wil in te werk, besig is om die pad te stap wat helwaarts lei. Ons vra dat U Heilige Gees ons oë sal open vir die waarheid van die situasie. Laat ons nie verder sake of verhoudings sal aanhou forseer wat teen U wil inwerk nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir GOD geleide besluite in ons lewe.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





