PSALMS 23:4-5 AFR53
4. Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.
5. U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.
***
Kern gedeelte:
"teenoor my teëstanders"
Ek wil hê dat ons die volgende gedeelte wat ook uit vanoggend se skrif is, moet begryp!
"Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie"
GOD verander sake, en Hy berei jou tafel voor jou aangesig, teenoor jou teëstanders.
Al lyk dit vanoggend of sake nie in jou guns gaan draai nie, staan vas en moenie dat vrees jou beetpak nie.
Na die storms en die reëns, kom die oes te voorskyn, en dan sien jy dat GOD reeds jou tafel vir jou gedek het, teenoor jou teëstanders.
GOD sal nie jou vyande verwyder nie, maar hulle kan slegs aanskou dat dit met jou goed gaan en dat jy 'n geseënde van GOD is.
-------
GEBED.
VADER, miskien voel dit of ons die stryd verloor het, en dat ons ook deur 'n dal van doodskaduwee gaan, en dit gaan alles oor die leuens van die "verderwer" wat ons probeer oortuig dat alles te laat is, en dat daar geen uitkoms meer is nie. Dan onthou ons dat Moses het ook geen uitkoms meer gehad nie, net voordat U vir hom 'n pad deur die see gemaak. Laat ons asb besef dat ons lamp-pit is nie uitgedoof nie, maar dat ons in U krag weer sal vlamvat.
In die Naam van ons Meester YESHUA, spreek ons lewe en voorspoed oor elke negatiewe situasie in ons lewe.
Amen.





