NÚMERI 23:19-21 AFR53
19. God is geen man dat Hy sou lieg nie; of 'n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hý iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?
20. Kyk, ek het ontvang om te seën; en het Hy geseën, dan kan ek dit nie keer nie.
21. 'n Mens aanskou geen ongeregtigheid in Jakob en sien geen onheil in Israel nie. Die Here sy God is met hom, en die gejubel tot eer van die Koning is by hom.
***
Kern gedeelte:
"Kyk, ek het ontvang om te seën"
Vanoggend wil ek net gehoorsaam wees om die seëninge van die GOD ons Vader oor jou, jou huis en jou gesin uit die spreek.
As jy in 'n opregte verhouding met GOD staan, as jy in onpartydige opregtheid voor Hom leef en geen onheil binne in jou dra of beplan nie, dan wil ek net die volgende oor jou uitspreek.
Geseënd sal jy wees met jou ingang en jou uitgang, geseënd sal jou huis wees, jou gesin, jou finansies en jou gesondheid en wat jou hande vind om te doen, doen dit, want geseënd sal wees die werke van jou hande.
Neem vanoggend hierdie seëninge in jou lewe aan, want let op wat die Woord van GOD sê:
Kyk, ek het ontvang om te seën; en het Hy geseën, dan kan ek dit nie keer nie.
-------
GEBED.
VADER, daar is soveel mense daar buite wat gereed is om die kinders van GOD, die volk van GOD te vervloek. Maar ons in nie van hierdie wêreld nie, en daarom seën ons die wat ons vervloek, want U vergeld elkeen volgens sy werke, en U laat dit op hulle hoof neerkom.
In die Naam van ons Meester YESHUA, seën ek elkeen wat hierdie boodskap lees of luister. Jy staan voor GOD geopende deure en al wat jy moet doen is om in geloof te beweeg en in te gaan.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





