HEBREËRS 8:10-11 AFR53
10. Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle 'n God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.
11. En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê: Ken die Here nie; want almal sal My ken, klein en groot onder hulle.
***
Kern gedeelte:
"want almal sal My ken, klein en groot"
As jy bemoeienis het met GOD, is jy 'n kind van GOD, maar as jy die wêreld se dinge in jou hart ronddra, is jy 'n kind van die wêreld!
Nee, ek oordeel nie, maar ek weet dat selfs toe ek vir die wêreld geleef het, was GOD se Gees in my hart en het my konstant daarin herhinner dat ek in sonde leef, en nie in GOD se onpartydige opregtheid staan nie.
Daagliks, van kind af was GOD in my hart aan die werk, totdat ek my van die wêreld weggedraai het, en nou is GOD my alles, deur JESUS CHRISTUS wat dit moontlik gemaak het.
Dus, as jy ag slaan op hierdie boodskap, bemoeienis maak met GOD, dan sal Sy Gees in jou, jou lei na die pad van ware bekering, en jy sal jou Verlosser omtmoet wat jou die pad sal wys na die ewige lewe.
Jy het vanoggend nog die kans, gebruik dit, want die dag van môre is nie gewaarborg nie.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat U lankmoedigheid, ons die tyd gun om tot bekering te kom en U Seun as ons Verlosser en Saligmaker te aanvaar. Ons vra dat U Heilige Gees ons daagliks die krag sal gee om meer en meer van die wêreld af weg te draai, sodat U werke in ons sigbaar sal word.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat ons harte deur U Gees gesuiwer sal word.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





