JOB 2:3 AFR53
3. En die Here vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: 'n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad; en hy volhard nog in sy vroomheid, alhoewel jy My teen hom opgehits het om hom te vernietig sonder oorsaak.
***
Kern gedeelte:
"en hy volhard nog in sy vroomheid"
Weet net dit, dat in hierdie saak, net soos Job, sal die "verderwer" jou nie oorsien as jy gekies het om in opregtheid, vroomheid en God-vresend, GOD te dien, Sy gebooie te bewaar en jou geloof in JESUS CHRISTUS te bevestig nie.
Die "verderwer" sal aanslae teen jou, jou lewe en jou gesin rig om jou van stryk te bring, sodat jy in geloof-struikeling kan kom.
Staan vas, moenie wankel nie, hou aan bid, want GOD sal nie toelaat dat jy bo jou kragte versoek word nie.
GOD weet wat jy nodig het om jou deur hierdie tyd van beproewing te dra, Hy sal voorsien, en soos Job sal jou einde meer geseënd wees as jou begin.
Staan op, lig jou kop op, kyk die wêreld in die oë, en te midde van al jou probleme, vertel hulle hoe groot die Lewende GOD is wat ons dien.
-------
GEBED.
VADER, ons kan in 'n hopie gaan sit en ons lot beklaag, jammer voel vir onself, of ons kan opstaan van die ashoop van die lewe af, en te midde van ons probleme kan ons U loof en prys, U Naam groot maak ter aanskouing van die wêreld en sy mense wat dink dat daar geen hoop meer vir ons is nie. Selfs in hierdie storm, bly U in beheer, en ons dank U daarvoor.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Heilige Gees ons sal versterk en staande sal hou.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





