JOHANNES 20:25, 27 AFR53
25. Die ander dissipels sê toe vir hom: Ons het die Here gesien! Maar hy het vir hulle gesê: As ek nie in sy hande die merk van die spykers sien en my vinger steek in die merk van die spykers en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.
27. Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig.
***
Kern gedeelte:
"sal ek nooit glo nie"
Vanoggend wil ek vir jou sê, ongelowige Thomas, miskien sien jy ook nie GOD se teenwoordigheid in jou lewe nie.
Miskien verwag jy ook die onmoontlike in jou lewe wat jou sal oortuig dat jy in geloof moet begin beweeg.
Die Chinese gesêgde sê: Wees versigtig waarvoor jy wens, want dit mag dalk waar word.
As GOD Sy Teenwoordigheid in jou lewe begin openbaar, sal jou lewe onherroeplik verander en dan eers sal jy die diepte van die woorde wat JESUS CHRISTUS gespreek het besef en daarom wil ek dit weer onder jou aandag bring!
"Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig"
-------
GEBED.
VADER, hulle sê, sien is glo en al wat ons vanoggend moet doen is om net om vir 'n oomblik stil te raak en terug te kyk na ons lewenspad. Dan sal ons raaksien wat U reeds vir ons gedoen het, hoe U ons deurgedra het, deure geopen het en ons gerig het. As ons in diepte na alles kyk sal ons U genade in ons lewe raak sien, en dan sal ons nie meer in ongeloof rondgeslinger word nie, maar ons sal standvastig in U ge-anker wees.
In die Naam van ons Meester YESHUA, spreek ons "vrede, vreugde, voorspoed, vergenoegdheid en gesondheid oor elkeen se lewe.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





